Kate-Merie Ferreira
Op Vrydag 21 April en Saterdag 22 April het Hoërskool Piet Retief se sportspanne aan die finaal van die PUK 16 NWU Sport-reeks in Potchefstroom deelgeneem.
Die spanne het uitstekend gevaar maar die hoogtepunt van die reeks was dat HPR as die rugbyskool van die jaar aangewys is. Elke span wat deelgeneem het, het dit tot by die finaal gemaak, waar hul hulself goed van hulle taak gekwyt het en al hulle wedstryde gewen het. Baie geluk! Julle maak Piet Retief trots!
Die eerstespan hokkiemeisies en die O/14 hokkiemeisies het ook ‘n eersteplek in die reeks behaal. Welgedaan!
Die uitslae van die finaal was soos volg:
Rugby:
• Die O/14-span wen 39-7. Speler van die wedstryd – Carl-Hein Creydt.
• Die O/15’s het 73-8 gewen. Speler van die wedstryd – Bayanda Magubane.
• Die O/16’s stap as wenners van die veld af met ‘n tel-ling van 20-8. Spe-ler van die wedstryd – Kyle Stock.
• Die tweedespan wen 12-0. Speler van die wedstryd – Kobus Venter.
• Die eerstespan speel goed en wen 20-14. Speler van die wedstryd – Rowan Mitchell.
Meisieshokkie:
• Die O/14’s speel uitstekend en wen 5-0. Speler van die wedstryd – Amy Creydt.
• Die O/15’s speel gelykop met ‘n tel-ling van 1-1. Speler van die wedstryd – Kari Hiestermann.
• Die O/16-span wen 2-0. Spelers van die wedstryd – Emma du Plessis en Zama Nhlabathi.
• Die tweedespan se opponente staan nie ‘n kans nie en hulle wen met 4-0. Speler van die wedstryd – Lungalethu Zwane.
• Geluk aan die eerstespan wat 5-1 wen. Speler van die wedstryd – Nqobile Masuku.
Seunshokkie:
• Die O/16-span verloor 0-2 teen Ferrum en verloor 1-2 teen Schoonspruit.
• Die eerste-span speel gelykop teen Ferrum met ‘n eindtelling van 1-1. Die span wen 2-0 teen Schoonspruit.
Netbal:
• Die O/14’s wen teen Vryburg (10-8). Lakeisha Marais word aangewys as die Speler van die wedstryd.
• Die O/15-span wen teen Riebeeckrand met ‘n telling van 15-13.
• Die O/16’s speel goed en wen 18-14 teen Schoonspruit. Lethu Mthethwa was die Speler van die wedstryd.
• Die tweedespan wen teen Vryburg (14-8).
• Die eerstespan verloor ongelukkig teen Riebeeckrand (10-20).
Skaak:
HPR se skaakspan eindig tweede by die PUK 16 en het ook drie bordwenners vir die toernooi. Baie geluk aan Eben Uys (bordwenner 10), Fanele Mkwinti (bordwenner 8) en Samuel Neethling (bordwenner 1).
Nie alle spanne het ‘n speler van die wedstryd nie, aan- gesien die NWU-span net die beste spelers kies vir hierdie eer.
Baie geluk aan elke sportseun en -dogter wat hulle talente ten volle gebruik het en nie teruggestaan het vir die ander spanne nie. Baie dankie aan die afrigters wat seker gemaak het dat hulle spelers goed voorberei het. Julle is ysters!
Sign in
Welcome! Log into your account
Forgot your password? Get help
Privacy Policy
Password recovery
Recover your password
A password will be e-mailed to you.