Rinkel-Krinkel kan dans! Kleuterzone Nasionale Kampioenskap
Hierdie is ’n talentvolle groep kleuters

Op Saterdag, 24 Augustus, het 15 kleuters van Rinkel-Krinkel Kleuterskool aan die Kleuterzone Nasionale Kampioenskap by Maragon Ruimsig Privaat Skool in Roodepoort gaan deelneem.

Rinkel-Krinkel se spannetjie het die trofee vir die span met die beste styl gewen, asook vir die span met die beste sin vir humor. Algeheel word hulle in derde plek in die Kleuterzone Nasionale Kampioenskap gekroon en ontvang ook ’n trofee daarvoor.

Na maande se voorbereiding het hierdie vyf tot sesjariges ’n vertoning gelewer wat niemand sal kan vergeet nie en met drie trofees weggestap.

Baie dankie aan elke onderwyser wat geduldig met die kleuters gewerk het en hulle help voorberei het vir hierdie kompetisie.

Rinkel-Krinkel kan dans! Kleuterzone Nasionale Kampioenskap
Die juffrouens het al te lekker saam gedans
en sing