Rinkel-Krinkel hou Boeresportdag

Op Vrydag, 10 Mei, het die verskillende klasse van Rinkel-Krinkel vier stasies van boeresportdag aktiwiteite opgerig vir die kinders om te geniet.

Die klasse het almal ’n beurt gekry by elke klas se stasie. Die stasies was soos volg: Stasie 1 – Graad R-klas: Hier moes die kinders ’n eier op ’n lepel balanseer en daarmee hardloop asook ’n prettige sakspring-resies. Stasie 2 – Graad RR-klas: Die kinders het hier op een been gespring en moes probeer om balle in ’n houer te gooi.

Rinkel-Krinkel hou Boeresportdag
Hoe kan jy nou enige aktiwiteite geniet sonder toeskouers wat jou aanmoedig?

Stasie 3 – 3-4 jaar klas: Toutrek is nog altyd een van die lekkerste boeresport items en dié klas het dit by hulle stasie aangebied. Stasie 4 – 2-3 jaar klas: By dié stasie moes die kinders ’n bal onder hulle ken vasknyp en met hulle hande agter hulle rug vasgemaak probeer hardloop.

Die Boeresportdag is afgesluit met die juffrouens wat teen mekaar toutrek terwyl die kinders hulle aanmoedig. Juffrou Emmie en juffrou Helma het hierdie stryd gewen. Die kinders het die Boeresportdag baie geniet.