HPR Sportuitslae

0
22

Jessica Burns
Op Saterdag die 4de Junie het Hoërskool Piet Retief se rugbyspanne deelgeneem op Ermelo en twee van hulle netbalspanne by Rob Ferreira. Die wedstryde was vir sommige spanne die laaste vir die seisoen en ander het deurgedring tot die eindstryd.
Netbal: B-Span Liga Kampioenskappe:
O. 14B-span wen 11-3 teen Delmas (Speler van die wedstryd Lile Nkosi)
2de span wen 18-10 teen Delmas (Speler van die wedstryd Anrie Weber)
O. 14B-span verloor 2-10 teen Middelburg Hoërskool in die halfeindstryd (Speler van die wedstryd Asanda Nkosi)
2de span verloor teen Hoër Tegniese Skool Middelburg in die halfeindstryd (telling nie deurgegee)
O. 14B-span verloor 6-11 teen Hoërskool Nelspruit in die eindstryd (Speler van die wedstryd Lusanda Dladla)
2de span verloor 11-18 teen Hoërskool Nelspruit in die eindstryd
Die O. 14B-span eindig vierde in Mpumalanga en die 2de span eindig ook vierde in Mpumalanga

Rugby:

  • O. 14B-span wen teen Ermelo Hoërskool 41-0
  • O. 14A-span wen teen Ermelo Hoërskool 26-20
  • O. 15A-span verloor teen Ermelo Hoërskool 5-25
  • O. 16A-span verloor teen Ermelo Hoërskool 0-54
  • 3de span verloor teen Ermelo Hoërskool 0-24
  • 2de span wen teen Ermelo Hoërskool 24-0
  • Die 1ste span wen teen Hoërskool Pionier 37-10

Spelers van die wedstryd: (voor) Nkazi Mtethwa, (agter) Seneme Nkosi
Puntemakers: Nkazi Mthethwa, Seneme Nkosi, Londa Mkhize, Mpho Sekhotho, Gawie Blignaut en Zander Coetzee (een strafskop asook drie doelskoppe).
Baie sterkte vir die spanne wat op Saterdag die 11de Junie uitspeel in die eindstryd op Ermelo.