HPR Sportuitslae

0
100

Jessica Burns

Hoërskool Piet Retief se o. 14A, o. 16A en eerste netbalspanne het deurgedring om aan die Mpumalanga A-liga te gaan deelneem. Die wedstryde het op Vrydag die 10de – en Saterdag die 11de Junie in Middelburg plaasgevind.

Uitslae van Vrydag, 10 Junie:

O. 14A verloor teen Middelburg Hoërskool 4-16

O. 16A verloor teen Newcastle Hoërskool 3-12

Iste span verloor teen Newcastle Hoërskool 5-42

O. 14’s wen teen Emfonjeni Hoërskool 7-6

O. 16’s verloor teen Evander Hoërskool 7-9

1ste span wen teen Kriel Hoërskool 27-4

Uitslae van Saterdag, 11 Junie:

O. 14’s verloor teen Hoërskool Generaal Hertzog 6-14

O. 16’s wen teen Curro Nelspruit 9-7

1ste span veloor teen Lydenburg Hoërskool 13-23

Halfeindronde:

O. 14’s verloor teen HTS Witbank (telling nie verskaf)

O. 16’s verloor teen Bergvlam Hoërskool 8-10

1ste span wen teen Bergvlam Hoërskool 19-18

Eindstryde:

O. 14’s verloor teen Bergvlam Hoërskool (telling nie verskaf nie, eindig 12de in Mpumalanga)

O. 16’s wen teen Hoërskool Generaal Hertzog 17-3 (eindig 11de in Mpumalanga)

1ste span wen teen HTS Witbank 22-17 (eindig 9de in Mpumalanga).

Twee van HPR se rugbyspanne het deurgedring om in die Mpumalanga Grootskole se onderskeie rugby-uitspele te speel wat op Saterdag die 11de Junie plaasgevind het in Ermelo.

O. 14’s wen 13 -11 teen Hoërskool Tegniese Skool Witbank

1ste span verloor ongelukkig teen Ermelo Hoërskool 15-27

Drieë gedruk: Wandile Mathe en Seneme Nkosi

Doelskoppe: Zander Coetzee (een verdoelskop en een strafskop)

Geen man of the match was aangewys nie.

Al die spanne het hul heel beste gespeel. Baie geluk aan die wenspanne! Aan die spanne wat verloor het, volgende seisoen probeer ons weer.