Frik se Slaghuis hou Boeremark

0
22

Jessica Burns
Op Saterdagoggend die 4de Junie het Frik se Slaghuis ‘n Boeremark aangebied. Dit het al om 07:00 begin en geduur tot ongeveer 13:00.
Alle slaghuisverkope van worsbroodjies asook pap en wors het gegaan aan Huis Immergroen. Frik se Slaghuis kon daarin slaag om ‘n mooi bedraggie aan die tehuis te skenk.

Buks Brits het gesorg vir die musiek en daar het ‘n vrolike atmosfeer geheers. Privaat uitstallers het gehelp om van die dag ‘n groot sukses te maak. Daar was heerlike kos soos pannekoek, pizza, Indiese kos, lekkergoed asook koek te koop. ‘n Kunstige houtwerkstalletjie met die mooiste skinkborde is ook ten toon gestel.

Te danke aan verskeie borge was dit moontlik dat daar 90 geskenkpakke uitgedeel kon word. Drie borge moet veral uitgesonder word wat ook hulle persoonlike diens kom aanbied het. Dankie aan TWK Agri se Mkondo meelafdeling (Thys, Hennie, Kobus en Sanele), Deli (Neil) en Freddy Hirsch (Riaan). Julle onbaatsugtige diens word hoog op prys gestel.
Die ‘No Rules Bikers’ met hulle “beauties” was ook teenwoordig om die geleentheid nog meer feestelik te maak.
Dankie aan almal wat hierdie inisiatief ondersteun het. Ons maak weer so in die toekoms!