NWU-sportreeks finaal gespeel op Potchefstroom – 22 en 23 April 2022

0
96

Netbalspanne en die seunshokkie het op 22 April 2022 deelgeneem.

Daar was deur die loop van die die dag goeie sport te sien en dit was ‘n groot oomblik toe die eerste seuns hokkiespan  deurgegaan het na die finaal. Wedstryde was by die Fanie du Toit Stadium gespeel behalwe die finaal van die seuns. Dit was op die NWU se Astro gespeel. Dit was lekker om al reeds op die Vrydag soveel toeskouers vanaf Piet Retief op die pawiljoen te kon sien.

Saterdag se wedstryde het ook nie teleurgestel nie. Daar was goeie aksie op die veld. Spanne het geveg vir die oorwinning en kon die ondersteuners die spanne aanmoedig.

Die eerstespan rugby se wedstryd is opgesom deur ‘n toeskouer as volg: “Wie het gedink dat skolesport gelykstaande kan wees aan ‘n Springbok rugbywedstryd.”

Altwee spanne het besonderse tegnieke en wedstrydplanne vertoon en was dit teen halftyd duidelik dat die wen enige kant toe kon gaan. Piet Retief se manne het met ware Impi-gees teruggedraf vir die tweede helfte en het die besonderse tegnieke verander in fantastiese spel. Drieë gedruk: Mpho Sekoto, Wandile Gumede, Buhle Thusi, en Wandile Mathe. Strafskop en doelskop deur Zander Coetzee.

HPR word aangewys as Rugbyskool van die toernooi.