Rugbydag 2022

0
133

Jessica Burns

Op Saterdag die 26ste Maart het Piet Retief die jaarlikse klubrugbydag aangebied, die eerste keer weer sedert 2019 as gevolg van Covid. Dit was ‘n genotvolle dag en nie eers wind of weer kon die spelers en toeskouers se geesdrif demp nie. 

Die uitslae was soos volg:

Pongola teen Amsterdam: 67-0

Richardsbaai teen Barberton (2de spanne): 28-0

Piet Retief teen Vryheid (2de span-ne): 41-0

Barberton teen Richardsbaai (1ste spanne): 19-12

Piet Retief teen Vryheid (1ste spanne): 12-15.

Daar het ‘n feestelike atmosfeer van vroegdag af geheers. Kosstalletjies met allerlei smaaklike disse en genoeg lafenis vir die keel was regdeur die dag beskikbaar. Daar is ook gesorg vir vermaak – Piet Pompies het vanaf 20:00 saam almal gekuier.