70 Medaljes vir LPR-atlete

0
222

Kate-Merie Ferreira

Op Vrydag 18 Februarie het Laerskool Piet Retief se talentvolle atletiekspan aan ‘n Valentynsbyeenkoms te Ermelo deelgeneem.

Die atlete het eers gesukkel om hulle voete te vind, as gevolg van die feit dat die vorige byeenkoms waaraan hulle sou deelneem, gekanselleer is en hulle bietjie uit oefening was.

Tog het hulle hul beste gelewer en op die einde van die dag het die Pieties meer medaljes as enige ander span gewen. Hulle is dan ook as die algehele wenners van die byeenkoms gekroon.

Die span het altesaam 70 medaljes gewen – 30 goud, 18 silwer en 22 brons.  Baie geluk. Ons is supertrots op julle!

12 van LPR se beste atlete is gekies om die Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit op Vrydag 25 Februarie in Secunda te verteenwoordig en staan ‘n kans om gekies te word as deel van die Gert Sibande Streek atletiekspan. Sterk-te, ons hou vir julle styf duim vas!