Saligna-tak vergader

0
66

Saligna-tak vergarder Woensdag 1 Desember by Mama Mia Restaurant vir oulaas hierdie jaar.

Elbie open met ‘n gebed. Desember: Here bring ons in hierdie maand terug by die dinge wat regtig saak maak. By U, onsself, ander, by vrede, goedheid, sagtheid. Bring ons veral by die LIEFDE.

Ons hou ‘n kort vergadering, daarna gesels Anita Metelerkamp oor kan-ker, die inpak op jou en jou familie se lewe. Saligna-tak hekel ‘n blokkies-kombers en beoog om ‘n donasie vir kanker te gee. Al die lede is fluks aan die werk. Ons kuier daarna heerlik saam en Charleen Putter leer ons van “wine pairing” en kerrie prawns wat deur ‘n soeterige wyn gekomplimenteer word.

“Steak” met veral peper word met ‘n merlot gepaar en dan ons vonkelwyn wat met aarbeie gedrink is, het veral byval gevind.

“Cheers” op ‘n ware Christusfees vir ons gemeenskap.

Waar kom die woord “Cheers” vandaan?

“Cheers comes from the old days and was seen to avoid poisoning: There are some theories circulating that toasting was a way to avoid being poisoned. Back in the days when poisoning a foe’s drink was a convenient way to murder him. It was believed that if glasses were filled to the brim and then clicked hard, a bit of alcohol from each glass would pour into the other. Mixing drinks and then taking a sip was a gesture that the drinks were unharmed.”

Vrede, geluk en seën vir 2022.

Elbie van der Schyff

Saligna-tak