Piet Retief VLU

0
90

Vroeg in Desember het ons ons jaarafslui-ting gekombineer met Sonja du Toit se verjaarsdagpartytjie.  Ons sit aan by keurig gedekte tafels vir ‘n wonderlike dames-    oggend in Sonja se lowerryke tuin.

Wilana Claassen open deur Spreuke 31 voor te lees wat sy spesiaal geredigeer en oorgeskryf het dat dit op Sonja se lewe van toe- passing is.  Numeri 6 se seënbede word oor Sonja gebid.  ‘n Gesamentlike geskenk word aan haar oorhandig en daarna spreek haar pragtige skoondogter, Nicole, die dames toe.  Sonja is voorwaar iemand wat na aan ons almal se hart is.

Daarna vul mu-siek en poesië die lug en sit ons te-rug vir ‘n heerlike vertoning deur die tenoor, Henry van Dyk en storieverteller, Esté Pienaar.  Hulle vermaak ons met hulle vertoning wat die musiekkenner sowel as die grapjas sal interes- seer.

Ons drink ‘n heil-dronk op Sonja en die VLU met Du Toitskloof vonkelwyn en smul aan heerlike quiches, slaaie, varsgebakte brode met plaasvars botter en tuis- gemaakte konfyt.  Daarna volg cappuccinos met die mooiste en lekkerste koeke, gebak deur ons baasbaksters.  Ons ontvang elkeen ‘n klein Kersgeskenkie met liefde vir ons saamgestel deur Piet Retief VLU.

Dit was ‘n heerlike jaar en ons bedank elke lid vir hulle bydrae.  As jy volgende jaar wil deel word van hier- die span dinamiese dames, is jy welkom om Sonja du Toit te skakel by 082 823 7626.