Bosbou Gholfdag 2021

0
77

Op Saterdag die 27ste November het die jaarlikse Bosbou Gholfdag al om 06:00 afgeslaan. Dit was ‘n heerlike sonskyndag en die perfekte weer vir gholf en om ‘n potjiekoskompetisie te hou.

Die gholfuitslae van die dag was soos volg:

Langste dryf mans (nr. 2 & 11) – Raymond Reid

Langste dryf dames (nr. 2 & 11) – Sonja du Toit

Naaste aan die pen (nr. 4 & 13) – Eugene Prinsloo

Naaste aan die pen (nr. 6 & 15) – Alex Gous

1ste – Mpact, 105 punte

2de – Usutu Forest Products, 104 punte (uittel)

3de – Reid Timber Marketing, 104 punte

Baie geluk!

Die potjiekos- wenners vir 2021 was Lothar Meyer in die wenspan, Bosbou Boytjies. Die tweede plek het gegaan aan Mpact 1 vir Die Brandweer Drakies en in derde plek was Ds Herman Stavast vir Dopper- bloed.

Welgedaan aan elkeen wat deelgeneem het. Almal het bygedra tot die reusesukses van die Bosbou Gholfdag 2021. Volgende jaar maak ons weer so.