Baie water!

0
67

Op Maandag die 13de Desember om ongeveer 12:30 het daar skielik ‘n groot storm in Piet Retief losgebars.

Die baie reën het ook gepaardgegaan met ‘n donderstorm. Die weerlig het selfs ‘n boom raakgeslaan wat daartoe gelei het dat dit gebrand het, gelukkig is geen skade veroorsaak nie. Die paaie rondom die vlei areas het oorstroom as gevolg van die baie reën. Dit het alles in ‘n tydperk van omtrent ‘n uur plaasgevind.

Die bui reën het liggies aangehou val regdeur die middag tot die aand se kant toe. In die dorp is tussen 70mm en 100mm gemeet. Anysspruit het na Maandag se storm ‘n minimum van 30mm en maksimum van 60mm aangeteken.

Geen noemens-waardige  skade is aangemeld nie net weereens dieselfde ou probleem van stormwaterdreine wat nie fuksioneer nie en dus het al die water in die paaie afgeloop na die vlei areas. Die paar slaggate wat wel reggemaak is het weer oopgespoel en die paaie in die dorp lyk erger as ooit! Die slaggate en stormwaterdreine kort dringend aandag want al die reën is besig om groot probleme te veroorsaak.