Baie geluk

0
80

Linda Kaiser is gebore in 1922 te Ramsgate. Sy is die tweede oudste van ses kinders en beleef gelukkige kinderjare.

Sy tree in die huwelik met Gerhard Bohmer, woonagtig in die distrik van Piet Retief in 1945. As ‘n huisvrou moes sy haar vlerke span om  haar eggenoot by te staan en te ondersteun in die sakewêreld en tydens sy ampstermyn as raadslid en burgemeester (1959) van Piet Retief.

Hulle was getroud vir 56 jaar en geseën met vier kinders: Bruni, August, Sylvia en Gerhard.

Na die afsterwe van haar geliefde man woon sy onafhanklik, selfstandig in haar eie woonstel. Sy is kunssinnig, ‘n natuurliefheber en aktief in die tuin, kook en bak, lees veral die biografie van mense en het ’n groot liefde vir aksierolprente met helde soos Chuck Norris en Sylvester Stallone.

Haar lewensjare kan sÓ opgesom word: “ Love takes us on strange journeys.”

Sy is verder geseën met vyf kleinkinders: Karin, Yvonne, Gerhard, Heidi en Erika en twee agterkleinkinders: August en Joshua.

 Sy het ‘n diep verhouding met haar Hemelse Vader en volg die Woord noukeurig na, veral tydens die terugslae van die lewe.

Haar wyse woorde vir ander: “Die enigste pad na God is deur Jesus. Leef vir Christus.”

Op 99 het sy aanvaar dat sy nie meer alleen dinge kan doen nie maar bly skerpsinnig. Om te luister na haar wyse woorde en terug te gaan in die verlede oor haar lewensavonture, is ‘n voorreg en ‘n seën.

Liefste ma, ouma en oumagrootjie,  baie geluk met jou 99ste lewensjaar. Mag die Here jou hartewens bewaarheid.