Tuintoer in Piet Retief area

0
83

Op Woensdag 10 November het die lede van die Piet Retief Tuinbou- klub bymekaargekom en deur van die area se mooiste plaastuine getoer.

Hulle het ‘n agterpad na Panbult gevolg en die mooiste bome en blomme in die kleurvolste tuine bewonder. ‘n Hoogtepunt van die dag was toe hulle by Heyshopedam gestop het om die uitsig daar te bewonder.

Mnr. Eckhard Paul het vir hulle meer oor die dam se geskiedenis vertel en ook ‘n paar interessante feite met hulle gedeel.

Dit was ‘n genotvolle oggend vir die groep avontuurlustige mense.