Tannie Bettie verjaar

0
66

Op Woensdag 20 Oktober het die personeel en inwoners van Huis Immergroen heerlik partytjie gehou. Hulle het tannie Bettie van der Walt se 80ste verjaarsdag gevier.

Daar is aan heerlike gebak gesmul en die eetsaal is fraai versier vir die spesiale geleentheid.

Baie geluk! Mag tannie vir nog baie jare geseënd wees.

Hoop tannie se volgende lewensjaar sal baie geluk en vreugde inhou