Piet Retief VLU

0
99

Die SAVLU het haar 90ste verjaarsdag op 28 en 29 Oktober by die Saint George Hotel in Pretoria gevier.

Die tema “Eer die verlede, vier die hede en omhels die toekoms” is baie mooi deur die blommerangskikking wat die saal versier het, uitgebeeld.  Piet Retief VLU is ook daar verteenwoordig.

Vroegoggend re- gistreer ons en begin die kongres.  Na skriflesing en ge-bed deur Ds. Hettie Wessels word almal verwelkom.  Net so oor die 200 dames regoor Suid-Afrika en Namibië het die voorreg om die driejaarlikse kongres by te woon.  Mev. Ina Wilken, Beskermvrou van SAVLU, neem die opening waar.  Amptelike gelukwense aan SAVLU deur verskeie organisasies volg.  Mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA, is ons hoofspreker.  Carel Henn lewer pragtige tjello-spel.  Mev. Tharina Rossel   lewer haar presidentsrede.  Middagete word genuttig en daarna is dit tyd vir besigheid.  Goedkeuring van die notule en finansiële state vind plaas en die presidentsverslag volg.

Landsake waar-aan aandag gegee word is Moeder-    taalonderrig, die toe-stand van die land se paaie, die gebruik van plastieksakke, kragonderbrekings en die invloed op die verkeer as gevolg van verkeersligte wat van elektrisiteit afhanklik is en die beskerming van ons waterbronne.

Kansa lewer ‘n praatjie, asook die Aartappelraad.  Minnette Dempsey, ‘n dosent en sportsielkundige, laat ons skaterlag met haar praatjie.  Kobie Smit vermaak ons daarna met ‘n humoristiese voordrag.

Die aand pryk ons almal op die rooi tapyt vir die verjaarsdagpartyjie en Manuel Escorcio is die gaskunstenaar.

Vroeg die volgende oggend is almal weer op en Veralda Mazzone open.  Modeontwerper Henja Schaap vertel ons daarna van die nuutste modes en sy suster speel model.  Francois Knowles, die Hoof Uitvoerende Beampte van APAC vertel ons wat hulle doen om boere se belange te beskerm.  Die prys- uitdeling vind plaas en Mpumalanga neem ‘n verdienstelike derde plek in.  Ons is baie trots op Helena Joubert wat 83% vir haar fotografie “Deur ‘n venster” en 77% vir haar Prosa “Ek en die Internet” behaal het.  Net om gekeur te word om by SAVLU deel te neem is ‘n eer, wat nog van sulke hoë punte behaal!

Petria de Vaal vertel ons die nut om argiewe te hou en daarna het ons ‘n heerlike werkswinkel om ‘n boekoortreksel met krale te versier.  Mev. Cindy Coetzee van Mpumalanga word aangekondig as die nuwe SAVLU Pre- sident.  Na die kongressamevatting en bedankings groet ou vriendinne mekaar tot ons weer ont-moet oor drie jaar.

Vir meer inligting oor ons musiekaand op 3 Desember of om aan te sluit, kontak Sonja du Toit by 082 823 7626.