XCO nasionale byeenkoms

0
91

Op Saterdag die 25ste September het die Pietie Wheelies gaan deelneem aan die XCO nasionale byeenkoms in Pie-termaritzburg.

Daar het 9 provinsies deelgeneem en Mpumalanga het met 4de plek weg-gestap. Janco Putter het geval, maar hy het daarna opge- staan en steeds die wedren voltooi. Hy het 26ste in sy kategorie geeïndig.

Die deelnemers het soos volg gevaar: Henre Putter was 34ste, WC van Schalkwyk 6de, Kevin Filter 10de, Miwan Smit 15de, Morne van Niekerk het 16de plek gekry onder die Nippers, Kylie Lerm 7de, Megan Filter 12de en Mark Filter 11de.

Die baan wat die deelnemers op die dag gery was die Cascades MTB baan en is in 2013 aangewys as die wêreldkampioenbaan. Op Saterdag het wêreldkampioene soos Alan Haterly, Candice Lill, Sarah Hill en Mariske Strauss ook deelgeneem.

Baie geluk aan elke deelnemer. Julle passie vir die sport kan duidelik gesien word.