VLU-Saligna vergader

0
339

“Gister, vandag, môre.

Gister is die bêreplek van alle herinneringe, kosbaar of nie.

Vandag is ‘n vlie-tende oomblik wat teen asemrowende spoed verbysnel,

Ons sou die lekker wou vasmaak om altyd te bly.

Môre is die ewige droomplek waar die mooiste opgetower word en dan soms gestalte kry.”

Op Woensdag 13 Oktober vergader ons by die Greendoor Gastehuis. Die kraaie het behoorlik gegaap met die kwik op 35oC.

Lede word gelukgewens met hul uitslae op kongres-vlak. Angela Zeelie se “Mixed Media”-projek gaan deur na die SA Kongres wat op Donderdag 28 Oktober en Vrydag 29 Oktober sal plaasvind.

Ons oefen kruissteek en lede geniet die demonstrasie terdeë. Hulle word ook aan wit op swart met “chalk” potlode bekendgestel. Be-slis ‘n projek vir die kunstiges onder die lede.

Ons geniet gevulde pannekoek saam met lede wat verskeie vulsels bring. Hoender, tuna, maalvleis, gesoute karamel en appel. Dit was behoorlik ‘n treffer.

Tot volgende keer op Woensdag 10 November wanneer ons afsluiting vir 2021 sal plaasvind met ‘n “wine pairing.”

Vir meer informasie, skakel asseblief vir Elbie op 082 776 3118.