Piet Retief VLU

0
88

In September het 4 gelukkige dames van Piet Retief VLU Tak die voorreg gehad om die Mpumalanga VLU Kongres by Olifants River Lodge in Middelburg by te woon.

Na die amptelike opening en groete boodskappe, vertel Jenna Milane ons meer oor Metson produkte vir jou tuin.  Hykie Berg laat ons daarna skaterlag met sy vertoning.  Lilian Bierman en Lené Welman praat met ons oor wat jy jou kind of kleinkind leer.  Lidmaatskaptoekennings word gedoen en ons sing die VLU lied.

Twee van ons lede skitter by die prys-  uitdeling:

Sonja du Toit het haar beoordelaars- kursus in Brei- en Hekelwerk, asook Masjienwerk suksesvol afgelê.  Sonja wen ook die Oja! Soja! se eerste prys met haar Mosselsop gereg.  Sy deel die eerste plek met Nesia de Beer en hulle elkeen wen ‘n induksiestoof.  Sonja wen ook die MP Handvlyt in Gemengde Media op Skilderdoek en haar inskrywing gaan nou op SA vlak deelneem.

Helena Joubert is die naaswenner in die Oja! Soja! Kompetisie met haar Truffle lekkers en wen ‘n elek-           triese blikoopmaker.  Helena is ook die naaswenner in die gebak met haar sojakoekies en wen ‘n Kenwood menger.  Helena kry 4de plek in Fotografie, “Deur ‘n Venster” en 6de plek met haar Prosa, “Die Internet en Ek”.  Helena is algeheel 5de in Mpumalanga as Lid met die Meeste Artikels (4) en 6de as Lid met Meeste Punte (313).

Hierdie twee dames dra beslis daartoe by dat Tambuki Streek, wat bestaan uit Amersfoort, Piet Retief, Platrand, Volksrust en Wakkerstroom, die Streek in  Mpumalanga met die Meeste Artikels (41) en die Meeste Punte (3 124) in Mpumalanga wen.  Baie geluk aan hier- die dames.  Ons is baie trots op julle.

Die aand was ‘n glinster geleentheid.  Die wenners van die Oja! Soja! Kompetisie wen R52,000 se pryse wat allerhande kombuistoebehore insluit.  Ons word vermaak deur Henry-John Williams, ons Sanger van die Jaar, wat saam met Estie vir ons ‘n wonderlike verto-      ning gee wat ons laat skaterlag.

Vroeg die volgende oggend word die vergadering gekonstitueer en die goedkeuring van die notule vind plaas.  Ons luister na die beoordelaarsverslae en leer baie.  Bokkie Badenhorst gee daarna ‘n skreeu-snaakse terugblik op die 90 jaar van VLU.  Sy moes inspring en help toe ons amptelike spreker positief getoets het vir Covid.  Die jaarverslae word gelees en die verkiesing vind plaas.  

Ons maak ‘n paar grondwetveranderinge.  Na die bedankings verdaag ons vir ons laaste middagete, waarna almal huiswaarts keer.