LPR fietsryers vat die trofee

0
70

Op Saterdag 16 Oktober het die TWK Skoleliga tot ‘n einde gekom by die Mankele Mountain Bike Park in Nelspruit.

Laerskool Piet Retief se ryers het uitstekend gevaar en die meeste punte in die liga ver-   werf. Baie geluk met die prestasie, julle harde werk en toewyding tot die sport is bewon-   derenswaardig. Hoërskool Piet Retief het agtste in die liga gekom.

Die finale uit-  slae van die liga was (finale posisie van elke deelnemer is uitgewerk volgens sy/haar twee beste punte van die hele reeks):

Sub nipper mei-sies:

• Lulanie Fourie – sesde.

•Arrabelle Spring-                                             horn het 12de geëindig.

• Janel De La Rose was 17de.

Sub nipper seuns:

• Phillip Potgieter was tweede.

• Dehan van Schalkwyk – derde.

• Riley Scheepers het sesde gekom.

• Daniel du Plessis en Wihan van Niekerk het die 14de plek gedeel.

• Juwan Keet en Wian van der Merwe het beide 30ste gekom.

Nipper meisies:

• Giselle Barnard het tweede gekom.

• Maronelle van der Walt was vyfde.

• Anlea Potgieter – sesde.

• Dara Avenant het 12de geëindig.

• Brigitte Springhorn het 23ste ge-kom.

Nipper seuns:

• WC van Schalkwyk was tweede.

• Kevin Filter het derde gekom.

• Miwan Smit het ‘n vierdeplek behaal.

• Henro Oosthuizen – vyfde.

• Morne van Niekerk het sesde geëindig.

• Leon Putter was agtste.

• Gerhard Greef – 12de.

• Andre Schee-pers het 13de gekom.

• Dylan Britz was 16de.

• Leander de la Rosa, Philasande Dlamini, Fritz Gerber, Jayden Jennings, Unathi Sithole en Justin van Zyl het die 18de posisie gedeel.

• Paul Coetser was 38ste.

Sprog meisies:

• Louise Moolman, Gizelle van den Berg en Kaitlin van Zyl was 13de.

• Sammy Hockley het 16de gekom.

• Anri Rautenbach was 25ste.

Sprog seuns:

• Jean-Pierre Gertenbach het die afdeling gewen.

• Jandre Potgieter en Wian Swanepoel het die derdeplek los gery.

• Cobus Gerber het 13de gekom.

• Franco de la Rosa was 15de.

• Lian Keet en JC Smit deel die 18de posisie.

• Ruan du Plessis, Armandt Human, Stephan van der Merwe, Nicholas Van Staden en Louis Verwey het 31ste geëindig.

Sub Junior mei-sies:

• Kylie Lerm was derde.

• Kayla Oosthuizen het vierde gekom.

• Edda Verwey – 13de.

Sub Junior seuns:

• Janco Putter het vierde gekom.

• Logan Potgieter – sesde.

• Donovon Smit was 10de.

• Brandon Vermaak het 13de ge-kom.

• Pedre van den Berg was 16de.

• Adrian de Waal eindig 20ste.

Youth meisies:

• Megan Filter het die tweedeplek losgery.

Youth seuns:

• Henre Putter was vierde.

• Henco du Plessis en Ruan Oosthuizen deel die 19de posisie.

• Chris Bester en Duard Brown eindig 45ste.

Junior seuns:

• Jeandre Moolman was 28ste.

Trots op julle!