Ivhan speel uitstekende gholf

0
78
Ivhan Erasmus

Die top-20 junior gholfspelers in Mpumalanga (na 14 toernooie) is gekies om by Highland Gate, Dullstroom te speel op Sondag 10 Oktober.

Ivhan Erasmus het Mpumalanga in die O/17 ouderdomsgroep verteenwoordig in die Quad-afdeling (enkel- en dubbelspel). Hy het die vyfde beste telling vir die dag, asook “nearest to the pin” op putjie 14 behaal.

Die top 8 spelers soos bepaal deur hul “stroke averages” word gekies vir die Mpumalanga IPT span. Ivhan is deel van die top 8 waarvan die datums vir hierdie kompetisie nog deurgegee moet word.