Duidelik Sigbaar

0
153

Die inwoners van Huis Immergroen was verheug toe Piet Retief Chainsaws vir dié van hulle wat op die NG Kerk se gronde gaan stap, glim- baadjies geskenk het.

Hulle kan nou met ’n geruste hart gaan stap en voel sommer veiliger dat hulle meer sigbaar is. Baie dankie!

Die personeel en inwoners van Huis Immergroen betuig graag hulle innige simpatie aan die familie en vriende van tannie Isolde Gevers wat onlangs oorlede is. Haar plekkie is leeg.

Die Excelsior-span betuig hiermee ons innige meegevoel.

Nou dat Suid-Afrika weer in vlak-1 van inperking is, verwelkom Huis Immergroen graag weer besoekers en kuiergaste, hulle vra wel dat enigiemand wat wil kom besoek aflê, vooraf met die bestuur sal reël.

Vir meer inligting oor Huis Immergroen se besoektye en regulasies, kontak asseblief vir Lizelle op 017 826 4918.