Boomplantmaand

0
87

Met Oktober wat tradisioneel boomplantmaand is, het Piet Retief Afriforum tak 30 Spekboompies aangekoop en in potte laat uitplant.

Aangesien ons plaaslike ouetehuis “Huis Immergroen” heet pas dit perfek by die immergroen Spekboompies. Die hoof van die tehuis, Lizelle Smit, is genader en gevra of hulle sou belang stel om hierdie boompies vir die VillaSandra se selfversorgende eenhede en ook die tehuis se tuine te gebruik. Dit is met groot dankbaarheid aanvaar, en is op 27 September in ontvangs geneem.

Ons weet dat hierdie immergroen Spekboompies mooi versorg sal word en saam met ons sal oud word.