Talentvolle fietsryers

0
31

Op Saterdag 11 September het Kylie Lerm en Janco Putter aan die 20 kilometer XCM Nissan Trailseeker-kompetisie by Van Gaalen naby Brits deelgeneem.

Kylie het haar afdeling gewen en Janco het vierde gekom in sy kategorie. Op Sondag 12 September het hulle aan nog ’n kompetisie deelgeneem – die “Like2Bike” XCO in Roodepoort, waar Kylie weer gewen het. Janco het derde in sy afdeling geëindig.

Julle kan fietsry! Hou so aan.