Morsjorse neem oor

0
36

Op 28 Augustus moes besighede en privaat persone inderhaas onkostes aangaan en moeite doen om die plantasies agter Hoërskool Piet Retief te probeer skoonmaak.

Op 4 September het die MTB-wed-ren plaasgevind en 11 skole het kom deelneem. Die organiseerders was trots op die poging wat aangewend is sodat ryers in ons mooi plantasies kon deelneem op gangbare paaie en in die pragtige natuurskoon.

Weereens het ‘n persoon sy vullis op een van die roetes gaan aflaai. Geen    fiets kan daar ry of ‘n landloopatleet kan hardloop tussen die gemors nie! Dit is onregverdig. Mense het hard gewerk om die baan in top kondisie te kry!

Dooie diere is ook in sakke op ‘n hoop in die bosse naby die vliegveld gevind. Wie doen dit?

Interhoër Landloop vind eersdaags plaas op die eersgenoemde roete. Hoe gaan atlete deelneem as dit so lyk? Asseblief morsjorse, staak jul skandalige gedrag en ry maar liewers die entjie na die asgate toe en doen die regte ding.