Eduan gaan Frankryk toe!

0
149

Eduan Roux, ’n merkwaardige rugbyspeler wat in 2020 aan Hoërskool Piet Retief gematrikuleer het, is onlangs gekies om in Frankryk te gaan speel.

 Eduan het aansoek gedoen om deur RTA (Rugby Travel Academy) afgerig te word. Die doel van die organisasie is om talentvolle Suid-Afrikaanse rugbyspe-lers te help om hulle spelvaardighede te verbeter en dan in ander lande te bemark om kontrakte te bekom.

RTA het Eduan se profiel en beeldmateriaal van sy spel met Rugby Club Vannes, naby die kus van Frankryk, gedeel en hulle het gehou van wat hulle sien. Hy is toe ’n drie jaar espoir (ontwikkelings)- kontrak as ’n vaskopstut aangebied en het dit aanvaar.  

Eduan vlieg op Maandag 6 September vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe na Parys in Frankryk waar hy die nuwe hoofstuk in sy lewe gaan begin. Hy hoop dat hierdie die eerste van ’n professionele rugbyloopbaan sal wees en streef daarna om die beste speler te wees wat hy moontlik kan.

Sterkte Eduan! Ons glo dat jy ’n sukses van hierdie besonderse geleent-heid gaan maak. Geniet die uitdaging.