’n Vrygewige gemeenskap

0
114

Op Maandag 26 Julie het ’n trok vol goedere vir mense wat deur die onlangse onluste ge-raak is, Piet Retief verlaat om broodnodige verligting te bring.

Die goedere wat die trok gevul het, sluit in:

•        Twee palette vol niebederfbare melk.

•        Een palet gepak met suiker

•        Een palet vol avokadopere.

•        Een palet aartappels.

•        Een palet gepak met botterskorsies.

•        ’n Palet met vars appels.

•        ’n Palet gepak met lemoene.

•        40 kratte nartjies.

•        17 palette met 10 kilogram sakke mieliemeel.

Boere van die laeveld, TWK Mkondo Meule, Agri Piet Retief en lede van die Mkhondo Sakekamer het almal saam-gespan om die produkte bymekaar te maak. Die trok (wat deur Skankane Transport verskaf is en met samewerking van AfriForum), is begelei deur ’n konvooi met lede van AfriForum, Alpha Security, JHD Protection Services en Nkomazi Security Solutions.

Die groep het seker gemaak dat die trok en goedere nie beskadig word nie en veilig by sy bestemming uitkom. Dit is na Richardsbaai gestuur, waar die nood groot is. Daar het Helpende Hand oorgeneem en die produkte deur verskeie netwerke aan dié wat dit die nodigste gehad het, versprei.

Baie dankie aan elkeen wat ’n bydra gelewer het, julle liefde vir julle medemens is bewonderenswaardig.