Dorp van die jaar 2021

0
75

Jaarliks hou die televisieprogram Kwêla ‘n kompetisie vir ‘Dorp van die Jaar’. In Mpumalanga was die kompetisie tussen Nelspruit, Wakkerstroom en Hazyview.

Op Sondagaand die 20ste Junie om 18:00 het Kwêla die wenners van dié gesogte kompetisie bekendgemaak. Wakkerstroom het met die titel ‘Dorp van die Jaar’ – Mpumalanga weg-gestap.

Tydens die reeks moes elke dorp spog met alles wat hulle het om te bied om hierdie titel te kan wen.  Wakkerstroom is Mpumalanga se tweede oudste dorp. Dit was eens op ‘n tyd ‘n onbekende dorp, maar is vandag ‘n gewilde toerisme bestemming. Die toeriste-attraksies wat hulle offer is voëlkyk, visvang en historiese staproetes. ‘n Ander trekpleister is die historiese begraafplase en dit vertel ook stories van die eerste en tweede Boereoorlog en alles oor die oorspronklike setlaars en ontdekkers van Wakkerstroom. Na ‘n lang dag van baie opwinding is daar ook heerlike kuierplekke en restaurante om verversings te geniet.

Source: https://kyknet.dstv.com