Die gemeenskap maak hul harte oop

0
133

Onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal het veroorsaak dat baie mense nie toegang tot basiese benodigdhede, soos kos, het nie.

Die AGS Fontana gemeente het ’n noodkreet vanuit Margate ontvang en dadelik besluit om te help. Die Fontaniete het na die gemeenskap uitgereik en vir hulle hulp gevra om kos en ander benodigdhede in te samel. Met almal se samewerking het hulle ongeveer 350 kilogram se produkte per vliegtuig na Margate kon neem.

Baie dankie aan elkeen wat ’n bydra gemaak het om mense wat werklik in nood verkeer, te help. Die vliegtuig, brandstof en kruideniersware is alles geborg.