Waarskuwing!

0
82
Big road nail

In die week van 10-16 Mei is daar gevalle aangemeld waar voertuie motorbande verloor het as gevolg van skerp ystervoor-werpe wat kwaaddoeners op die pad plaas.

Dit lyk of hulle die slenter gebruik om sodoende motoriste te beroof. Al die skerp voorwerpe wat gebruik word lyk ietwat dieselfde en dit is kleinerig sodat dit nie maklik gesien kan word nie. Daar was ‘n voorval in die middedorp asook by die Heyshopedam afdraai op die R543.

Wees ten alle tye bewus van jou omgewing sodat jy nie dalk die volgende slagoffer word nie. Niemand het geld wat rondlê om motorbande te vervang nie!