VLU-Saligna nuus

0
79

Op Woensdag 9 Junie het die lede van die VLU-Saligna tak by Greendoor Gastehuis bymekaargekom om meer te leer oor blomkool en hekel.

Een van die lede het haar kennis oor blomkool en hoe dit gebruik kan word om stysel te vervang, met almal gedeel. Sy het vir hulle pizza, met ’n blomkoolrys-basis en ook ’n blomkool en broccoli pasta gemaak om aan te peusel. Dit was tref-fers en die dames gaan dit beslis in die toekoms vir hulle gesinne maak!

Volgende het hulle geleer hoe om mosaïekpatrone te hekel. Dit was makliker as wat aanvanklik gedink is en hulle het dit baie geniet om ’n nuwe vaardigheid aan te leer.

Enigiemand wat betrokke wil raak by die VLU-Saligna tak, kan gerus vir Elbie van der Schyff op 082 776 3118 kontak.