Quarry pretskiet – ten bate van die CMR

0
81

Op Saterdag 15 Mei het die Laeveld Jagtersvereniging ‘n pretskiet by die Quarry (beter bekend as Greg se Skietgat) aangebied.

Alle fondse wat die dag gegenereer was, is aan die CMR oorhandig. Van vroegdag af, was dit ‘n geskarrel om al die bane, registrasie en kosverkope gereed te kry vir die publiek se aankoms. Gou het ons besef, hierdie gaan ‘n dag vir die boeke wees. 98 inskrywing is aangeteken in ons register!!!

Vroeg-vroeg het die reuk van pannekoek die lug gevul. Die CMR se span het gesorg dat daar genoeg eetgoed beskikbaar was om te koop. Justin se snoepie is ook goed ondersteun en Greg se “kroeg” het gesorg dat almal se dors geles is. Van kettieskiet tot kleilatgooi was aangebied. Die pistoolbaan het sy eie (onderlangse) kompetisie gehad om te kyk wie bo aan die telbord bly. Die .22 en windbuksbane is net so goed ondersteun.

Menige skuts het vir 14:00 gewag om haelgeweer en langbaan te skiet. Ons RO’s moes behoorlik bontstaan om almal te akkommodeer. Om 16:30 het almal op die Quarry se stoep vergader vir die lootjietrekking wat deur Ds. Van Blerk waargeneem is.

Groot was die vermaak toe Max ‘n skoonheidssessie by Christell wen. Gelukkig het Erika tot sy redding gekom. Jacky was so opgewonde oor Greg se wensprys van ‘n naweek vir twee op Guido-hulle se plaas. Duidelik beplan sy ‘n tweede “honeymoon”! Die gelukkig wenner van R5 000-00 het dadelik sy wengeld aan die CMR oorhandig. Baie dankie Cedric.

Gewoonlik gaan so fondsinsame-lingsprojek gepaard met baie borge en donasies, en wil ons die volgende instansies hartlik bedank vir hul bydraes:

  • Quarry – Venue en skietbaan
  • Plaas Slaghuis – Vleis en braaipakke
  • Neniko – John Deere klere
  • Bossi – Blesbok
  • 4×4 Mega World – kampstoele
  • HCH Electric – Gasbraaier
  • Christell – Skoonheidsbewys
  • Guido – Wegbreeknaweek
  • Teal Turbo – Borg van gat
  • M&R Olie – Borg van gat
  • Welverdiend Forestry – Borg van gat
  • JD – Kontant
  • Hermann – Kontant
  • Charka – Charcoal
  • Saverite Amsterdam – Pryse

Na afloop van die lootjietrekking het almal hul top kwaliteit braaipakke, wat deur die Plaas Slaghuis geborg is, gebraai en tot laat gekuier. Graag wil ons ook aan die publiek en AL ons RO’s en hul vrouens wat so hard gewerk het, baie dankie sê. Sonder julle sou die dag nie so ‘n reusesukses gewees het nie.

Tot volgende keer.