Pietie-Wheelies uitslae

0
94
Pietie-Wheelies

Op Saterdag 1 Mei het 18 fietsryers van Piet Retief aan die derde XCO-reeks te Nelspruit deelgeneem en puik presteer.

Die uitslae was soos volg:

Nippers-afdeling:
• WC van Schalkwyk het gewen.
• Miwan Smith het tweede gekom.
• Morné van Niekerk was derde.
• Leon Putter het ’n vierdeplek behaal.
• Andre Scheepers was negende.
• Dehan van Schalkwyk het 12de gekom.
• Riley Scheepers het 14de geëindig.

Gizelle Barnard het die meisies Nipper-afdeling gewen.
Sprogs-afdeling:
• Jean Pierre Gertenbach was vyfde.
• Armandt Human het 16de geëindig.

Sub-juniors:
• Kylie Lerm – 3de
• Logan Potgieter – 6de
• Janco Putter – 12de (hy het tegniese probleme gehad)
• Donovan Smith – 26ste

Henre Putter was sesde in die Jeug-afdeling en Freddy Potgieter was vyfde in die Veteraan Mans-afdeling.

Laerskool Piet Retief is steeds die voorlopers in die kompetisie tussen 15 ander skole en Hoërskool Piet Retief lê op die oomblik 13de uit 17 skole.

Die finaal sal op Saterdag 12 Junie in Nelspruit plaasvind. Die top drie fietsryers in elke afdeling sal vereer word met provinsiale klere. Baie sterkte aan al die ryers!