Inwoners van Huis Immergroen ontvang Covid-inentings

0
74
Covid-Vaccine-Injections-South-Africa-2021

Op Donderdag 3 Junie en Vrydag 4 Junie het 70 personeellede en inwoners van Huis Immergroen die eerste dosis van die Covid-19-inenting ontvang.

Verpleegsters van die Piet Retief Provinsiale Hospitaal het die tehuis besoek en die spuite toegedien. Die span was professioneel en het die inwoners baie op hulle gemak laat voel. Die proses het vlot verloop en hulle sal op 15 Julie die tweede dosis ontvang. Huis Immergroen se oudste inwoner, Sara Mavuso (106), het ook die inenting ontvang.

Sommige van die inwoners kon ongelukkig nie die entstof kry nie, weens onderliggende siektes en dit sal op ’n latere stadium aan hulle toegedien word. Inwoners wat in die laaste 90 dae die koronavirus-infeksie gehad het, kon ook nie die entstof ontvang nie, asook die wat gedurende die afgelope 14 dae ’n griepspuit ontvang het. Meer inligting is met die inwo- ners gedeel en so het hulle geleer dat persone wat tans op antibiotika is of moe-   ders wat borsvoed, nie ingespuit mag word nie.

Die wat ingespuit is, het geen newe-effekte ervaar nie en voel positief oor die besluit wat hulle geneem het om dit wel te kry.  

Alle landsburgers oor die ouderdom van 60 word aangemoedig om te registreer en die entstof te ontvang. Hulle kan op www.vaccine.enroll.gov.za registreer of deur middel van WhatsApp (060 012 3456). Die nommer *134*832# kan ook geskakel word.

The staff and residents of Huis Immergroen would like to convey their gratitude towards the team who visited them and assisted them in a professional manner and made the process so much easier.