Hoërskool Piet Retief het definitief nie ’n tekort aan talentvolle sportseuns en –dogters.
Baie geluk aan die volgende leerders:
- Luco van der Walt het die afgelope naweek op uitnodiging aan die Mpumalanga tenniskampioenskappe te Nelspruit deelgeneem. Hy het uitstekend gespeel en is gekies om deel te wees van die O/19 Mpumalangaspan. Die SA kampioenskappe sal op Maandag 9 Augustus in Pretoria plaasvind. Sterkte Luco!
- Ivan Erasmus, ’n skitterende gholfspeler, is gekies om Piet Retief te verteenwoordig as deel van die Mpumalangaspan.
Die volgende rugbyspelers is voorlopig gekies om vir PUMA-spanne te speel:
O/15:
- Sfundo Mayisa
- Jub-Jub Buthelezi
- Albert Vorster
O/16:
- Rowan Michelson
- Abdul Mohammed
- Sifiso Nhleko
O/17:
- Duan Momberg
- Seneme Nkosi
- Wandile Gumede
- Zander Coetzee
O/18:
- Thobani Zungu
- Buhle Thusi
Craven Week:
- Aletwha Buthelezi
- Mpho Sekhoto
- Nkazi Mthethwa
- Sibonelo Zwane
Welgedaan! Ons hoop van harte dat die Covid-19 pandemie gou iets van die verlede sal wees en dat alle sportlui kan aangaan om hul drome te verwesenlik.
Inligting deur HPR