Baie geluk Pietie-Wheelies!

0
62

Op Saterdag 12 Junie het die Pie-tie-Wheeliespan aan die finale ronde van die XCO-series deelgeneem en hulle teenstanders ore aangesit.

Die top 10 het elkeen ’n sertifikaat en medalje ontvang. Baie geluk aan die volgende deelnemers:

Nippers-afdeling:

• WC van Schalwyk het hierdie wedren gewen.

• Morné van Niekerk het tweede gekom.

• Miwan Smit was derde.

• Andre Scheepers het sesde geëindig.

• Unathi Sithole behaal ’n agtste plek.

• Dehan van Schalkwyk was ne-gende.

Gizelle Barnard het die Nipper meisiesafdeling gewen.

Sprogs:

• Jandré Potgieter was vyfde.

• Armandt Human het sesde gekom.

• Lian Keet het ’n agtste plek behaal.

Sub-juniors:

• Janco Putter was sewende.

• Logan Potgieter – agtste.

Sub-junior meisies – Kylie Lerm kom derde. Henre Putter was agtste in die jeugafdeling en Freddy Potgieter het ’n derde plek in die veteraan mansafde-ling behaal.

Die volgende fietsryers het op Saterdag vir die eerste keer meege-ding en die volgende prestasies behaal:

Maronelle van der Walt was sesde in die Nipper meisiesafdeling. Gerhard Greef en Paul Coetser het aan die Nipper seuns-  afdeling deelgeneem en onderskeidelik agtste en negende gekom en Jaen-Pierre Gertenbach, wat in die Sprogs-afdeling gery het, het vierde gekom.

Laerskool Piet Retief het algeheel tweede geëindig in die kompetisie, wat ’n besonderse prestasie is! Die span gaan aan die SA’s deelneem in Pietermaritzburg op Vrydag 9 Julie. 

Sterkte aan almal!