Skop die seisoen af met ‘n wen

0
136

Op Saterdag 8 Mei het Piet Retief se rugbyspanne op Ermelo gespeel.

Dit was die eerste keer in ‘n jaar en ‘n half wat die spelers weer die geleentheid gekry het om op die veld uit te draf. Dit was slegs ‘n vriendskaplike wedstryd teen Ermelo se spanne aangesien die liga waarin die Piet Retief Rugbyklub speel, nog nie begin het nie.

Die adernalien het hoog geloop onder die spelers omdat hulle geweet het dat hulle goed voorberei het vir die wedstryde. Die tweede- spanne se wedstryd het om 14:00 afge-skop en hulle het 23-15 gewen. Die eerstespanne het om 16:00 begin en kan ook spog met ‘n wentelling van 40-15. Beide wedstryde was baie taai maar die spelers het deurgetrek en uit-en-uit die oorwinnings verdien.

Baie geluk aan elke speler. Julle hou Piet Retief se naam altyd hoog.