Brahmas Chickens

0
136
Brahmahan Chicken

Dit was ‘n belewenis om vir die twee mooiste Brahmahane te gaan kuier die afgelope week.

Hulle eienaars is inwoners van ons dorp en die manier waarop hulle kommunikeer is indrukwekkend. Hulle is nes twee kinders en somtyds net so stout ook!

Sarel en Kalfyn is beide al ‘n jaar oud en ‘n integrale deel van die gesin. Hulle is maats met almal op die werf wat katte, honde en eende insluit. Die eienaars het eerste vir Kalfyn gekry en het dit goedgedink om vir hom ‘n maat ook te kry. Hulle het toe voortgegaan met die plan, maar ongelukkig was Sarel ook ‘n haan. Die plan het darem nie heeltemal skeef geloop nie, want die twee is nou boesemvriende.

“Animals are sentient, intelligent, perceptive, funny, and entertaining. We owe them a duty of care as we do to children.”Michael Morpurgo, British Writer

Hierdie tipe hoenders se oorsprong is oorspronklik vanaf Amerika en hulle het die Brahmas hoofsaaklik vir die vleis gebruik. Hulle geskatte grootte is so lank soos ‘n driejarige kind, ongeveer 95.2cm.