Uit met die ou en in met die nuwe

0
225

LN Slaghuis se naam het verander na Impala Slaghuis en is oorgekoop deur Connie Jansen van Vuuren op 1 Maart 2021.

Dit was ‘n groot droom van Connie om eendag sy eie slaghuis te besit en te bedryf. Met 26 jaar se ondervin-ding in hierdie be-dryf het hy besluit die tyd het aangebreek om sy droom waar te maak.

Hulle het die naam verander na Impala Slaghuis wat heel oorspronklik is. Iemand het dit voorgestel en hulle het baie van die naam gehou en daarom besluit dat hulle dit voortaan gaan gebruik.

Die slaghuis is ‘n familie-besigheid en altesaam is daar ses werknemers.

Baie geluk met hierdie nuwe hoof-stuk van julle le-wens. Ons glo julle gaan groot sukses behaal.