Tambuki-streek se jaarlikse konferensie

0
36
Sonja du Toit met haar toekenning van Tambuki vrou vir 2021
Sonja du Toit met haar toekenning van Tambuki vrou vir 2021

Op Saterdag die 20ste Maart het die dames van die VLU weer gereed gemaak vir die jaarlikse konferensie.      

Daar was groot opwinding onder die vrouens om hulle spesiale klere aan te trek en hierdie geleentheid te kon bywoon. Die geleentheid het wel voldoen aan al die Covid-19 regulasies.

Tydens die prysuitdeling het Sonja du Toit 2 eerste plekke behaal asook ‘n 2de, 4de en 5de plek in verskeie afdelings. Helena Joubert het 3 tweede plekke asook ‘n 3de en 4de plek behaal. Sommige van hierdie inskrywings is ook gekies om op SA vlak deel te neem.

Die kersie op die koek vir Piet Retief tak was toe Sonja du Toit aangewys is as die Tambuki vrou vir 2021. Hierdie toekenning gaan aan ‘n vrou wat ‘n impak maak op haar gemeenskap op alle vlakke van die samelewing.

VLU Piet Retief tak wens Sonja baie geluk met haar uitsonderlike prestasies.

Vir meer inligting oor die VLU kontak: Sonja 082 823 7626 of Ursula 083 280 0216.