Reënval vir die langnaweek

0
39
Reënval in Piet Retief

Oor die afgelope langnaweek (19-21 Maart) is daar in Mkhondo altesaam 23mm reën gemeet.

Na die verstrengelde hitte wat ons die afgelope paar weke ervaar het, het die reën net op die regte tyd gekom. Vrydagaand die 19de Maart het die stortbuie begin. Alhoewel dit lekker afgekoel het gedurende die nag was elke dag steeds bloedig warm.

Annysspruit het ook oor die afloop van twee dae tussen ‘n minimum van 13mm en maksimum van 36mm reën gehad. Dit is aansienlik meer as wat Mkhondo gehad het, maar niemand kla nie want almal is net so dankbaar vir ‘n bietjie reën.