‘n Markdag in Wakkerstroom

0
34
Wakkerstroom-Village-Market

Op 20 Maart is die “Village Market” in Wakkerstroom gehou.

Daar was geen tekort aan uitstallers nie en ou vriende wat mekaar lanklaas gesien het, het in klein groepies opgewonde gestaan en gesels!

Heerlike kos is te koop aangebied asook pragtige klere, heerlike vleis, brode, kase, koeke en terte, speserye, ‘n verskeidenheid tee, teëlborde, kussings, koffie en nog baie meer.

Sangers het vir  atmosfeer gesorg. Ons verstaan dat hierdie ‘n meer gereelde gebeurlikheid gaan wees.

Dit was goed om uit die huis te kom en in die pragtige natuurskoon te ry na dié klein dorpie wat so kook! Wakkerstroom staan nie ‘n tree terug vir enige ander dorp nie.

Ons sien uit na julle volgende markdag!