Fietskamp – Piet Retief Wheelers

0
151
Fietskamp

Op Saterdag die 27ste Maart was daar verskeie Piet Retief fietryers wat aan onder andere die Kranskop – Memel Marathon wedren oor 55km deelgeneem het.

 Rudi Du Randt en Rudolf (Vis) Pretorius het onderskeideik die 6de en 8ste plekke opgeraap onder strawwe kompetisie en ‘n uitdagende roete. Welgedaan!

Verder is daar aan die Mpumalanga XCO #1 wedrena in Middelburg deelgeneem. Nie minder as 22 lede het Piet Retief verteenwoordig by die geleentheid nie. Die XCO-wedren is die eerste in ‘n reeks van vier op provinsiale vlak. Dis ‘n wedren waartydens deelnemers om ‘n baan van 5.9km rondtes ry volgens ouderdomskategorieë. Die baan is tegnies met heelwat hindernisse, maar ook groot pret vir die wat hou van ‘n bietjie adrenalien. Die dag was egter vol pret en ten spyte van streng Covid-maatreëls en protokol, het amal dit baie geniet.

Die deelnemers het die volgende plekke behaal in hul onderskeie kate-gorieë:

Nipper (9-10) (seuns): WC van Schalkwyk – 1ste, Miwan Smit – 2de, Ludwig Putter – 3de, Unathi Sithole – 6de en Dehan van Schalkwyk – 7de.

  • Gizelle Barnard (dogters) – 2de.
  • Sprog (11-12) (seuns): Armandt Human – 3de en Jandre Potgieter – 4de.
  • Samantha Hockley (dogters) – 2de.
  • Sub-Youth (13-14) (dogters): Kylie Lerm – 4de.

Logan Potgieter – 8ste, Janco Putter – 9de, Donovan Smith – 13de en Ruben Du Plessis – 18de. Hierdie seunsgroep het die meeste deelnemers gehad.

  • Youth (15-16) (seuns): Hendre Putter – 6de.

Die volwassenes wat deelgeneem het, het ook goed gevaar in hulle onderskeie afdelings:

  • Petrus en Hannes Lourens was 5de en 6de onderskeidelik in die Elite groep (mans) (19 -29).
  • Anina Böhmer en Darlinke Putter was onderskeidelik 3de en 4de – Sub-vet (dames) (30-39)
  • Leon Böhmer en Eugene van Schalkwyk was onderskeidelik 4de en 10de – Vet mans (40-49)
  • Olga Lourens was 3de in die afdeling (dames) (40-49).