Rus sag Andries Vorster

0
72

“Those we love don’t go away, they walk beside us every day… unseen, unheard, but always near, still loved, still missed and very dear.” – Unknown author

Andries Wilhelmus Jacobus Vorster is gebore in Piet Retief op 19 Februarie 1945 en oorlede op 11 Februarie 2021 aan kanker.

Hy het bykans sy hele lewe lank in Piet Retief gewoon. Soms het hy vir kort tye elders heen verhuis omdat die besigheid waarvoor hy jare lank gewerk het, PG Bison, hom verplaas het.

Hy was onderburgemeester in sy jonger dae asook ‘n lid van die Rotariërs. Die Rotariërs se missie om ‘n verskil te maak het hom na aan die hart gelê en plaaslik het hulle ‘n groot verskil gemaak, o.a. deur jaarliks senior inwoners na Badplaas te stuur vir ‘n wegbreek. Hy was lid van die DA en ‘n ware leier wat altyd ‘n plan kon maak. Later jare het hy Arrow Engineering op die been gebring en was hy daar net so suksesvol.

Andries was vir baie jare lank siek en het moedig teruggeveg en nooit moed verloor nie. Ons gaan hierdie groot gees mis in Piet Retief.

Hy laat sy eggenote Floks, sy vier kinders, 10 kleinkinders en drie agterkleinkinders agter. Hy was ‘n voluit mens wat alles met groot geesdrif aangepak het.

Ons innige meegevoel.