Rus in vrede Hendrik Venter

0
82
Hendrik-Venter

Hendrik Venter is gebore in Barberton in 1965 en oorlede aan natuurlike oorsake op 22 Februarie 2021.

Hendrik was vir 11 jaar lank woonagtig in Piet Retief en het gewerk as ‘n motorwerktuigkundige. Hy laat sy vrou, kinders en kleinkinders agter.

“Totsiens aan ons geliefde man, pa en oupa. Pappa, dankie vir die wonderlike jare wat pappa vir ons gegee het. Dankie dat pa so ‘n wonderlike man vir 27 jaar was vir ons ma. Dankie vir die fantastiese oupa wat pa vir al ses die kleinkinders was. Rus sag pappa, tot ons pappa weer sien. Ons is almal lief vir jou en ons sal pappa nooit vergeet nie. Pappa is nou ‘n engel in die hemel.” – Familie boodskap