Laerskool Amsterdam – Leierseminaar 5-8 Maart 2021 te Suikerbosskuur

0
51
Laerskool Amsterdam Leiers met gevulde rommelsakke na ‘n skoonmaakoperasie by Jericho Dam
Laerskool Amsterdam Leiers met gevulde rommelsakke na ‘n skoonmaakoperasie by Jericho Dam

Laerskool Amsterdam se 2021 Leiers het die naweek van 5 tot 8 Maart ‘n Leierskapseminaar bygewoon.

Die Leierskapseminaar is gefasiliteer deur Amsterdam Omgewingsentrum (DARDLEA). Amsterdam Omgewingsentrum ontvang weens Covid-19 Regulasies nog nie besoekers nie, daarom is die Leierskapseminaar aangebied by Suikerbosskuur,  sowat 20 kilometer van Amsterdam op die Ermelopad.

Die naweek is daar hard gewerk aan verskeie leierskapaspekte. Die slotsom van die naweek is: Ons moet Leiers wees wat DIEN en nie wat gedien moet word nie. Jesus Christus is ons Modelleier en ons streef om Sy volmaakte voorbeeld na te leef.

Leerders by twee Vleilandmodelle wat die vloeispoed van Beskadigde Vleilande en Gesonde Vleilande aandui. Leerders sorteer ook etikette met gesonde en ongesonde vleilandpraktyke
Leerders by twee Vleilandmodelle wat die vloeispoed van Beskadigde Vleilande en Gesonde Vleilande aandui. Leerders sorteer ook etikette met gesonde en ongesonde vleilandpraktyke

Die Leiers van Laerskool Amsterdam het ook ‘n praatjie oor Vleilande en Grasvelde  meegemaak. Dit het duidelik geblyk dat die ekologiese rol wat dié tweeling juwele nl. Grasvelde en Vleilande speel, ‘n reuse-impak het op ons ekonomie. Sonder hul ‘dienste’ sal ons op die lang termyn baie swak daaraan toe wees.

Die Leiers het ook sommer ‘HOU ONS VLEILANDE SKOON’ – woord by die daad gevoeg en het Saterdag ná ‘n waterveiligheid-sessie by Jericho Dam, ‘n opruim-aksie geloods om vuilgoed wat rommelstrooiers langs die dam agtergelaat het, op te tel.

Laerskool Amsterdam Leiers sê: “Laat net voetspore agter in ons Vleilande en neem net foto’s en goeie herinneringe saam.” JJF