Huis Immergroen se “new look”

0
201
Huis-Immergroen

Die inwoners van die tehuis is opgewonde oor die opknappings wat gemaak is te danke aan die gemeenskap.

Daar is op verskeie plekke verbeteringe in die tehuis aangebring. In die eetkamer het hulle ‘n klein koffiekroeg opgerig vir die inwoners en hulle gaste om te geniet. Die tehuis is oop vir besoeke in die week asook naweke maar, besoeke vind steeds op die stoepe en in die sitkamers plaas.

Die dames se haarsalon het ook verskeie opknappings ondergaan en het ook geskuif na ‘n beter vertrek toe.

Huis Immergroen wil graag vir Wegro Pineapples van Hluhluwe bedank vir die heerlike vrugtesap wat hulle geskenk het, asook vir Stompie Groenewald wat vir die tehuis die blad gemaak het waarop die koffiekroeg is.

“Dankie vir die gemeenskap se liefde en ondersteuning teenoor die tehuis en vir elke donasie wat gemaak word. Dit word opreg waar-deer.” – Huis Immergroen