Rus sag liewe Bets du Plessis

0
169
Bets-du-Plessis

Mev. Elizabeth Maria Magdalena du Plessis (Labuschagne), beter be-kend as Bets, is op 22 Maart 1940 gebore en op Dinsdag 29 Desember 2020 oorlede.

Bets du Plessis is in Piet Retief gebore en was vir ’n wyle in Heidelberg woonagtig, waarna sy teruggekeer het Piet Retief toe en hier die res van haar lewe spandeer het. Bets du Plessis het op die jong ouderdom van 14 begin werk en was vir ongeveer 45 jaar deel van die Excelsior-familie.

Niemand kon ’n boek soos sy bind of regmaak nie. Sy was hardwerkend en het baie mense touwys gemaak tydens haar jare by die Excelsior.

Bets laat haar vyf kinders en 13 kleinkinders agter.

Die Excelsior Nuus-span betuig graag ons innige meegevoel met haar familie, sy sal beslis gemis word.