Nuus vanuit Huis Immergroen

0
90
Huis-Immergroen

“Dit raak baie emosioneel vir ons inwoners, maar ons bejaardes is baie sterk en het ’n goeie en positiewe gesindheid.”– Lizelle

Huis Immergroen volg al sedert 18 Maart 2020 streng inperkingsreëls en het nog geen positiewe koronavirus gevalle aangemeld nie. Die personeel en inwoners volg die reëls noukeurig om die gesondheid van al hul inwoners te probeer verseker.

Familielede en vriende is welkom om ’n afspraak te maak om ’n “stoepkuier” met hulle geliefdes te reël, maar ongelukkig word geen fisiese kontak toegelaat nie. Mas-kers moet ten alle tye ook gedra word.

Die personeel en inwoners van die tehuis wens graag vir tannie Edith Beneke ’n spoedige herstel toe na haar knieope-rasie.

Dit is met seer harte wat almal totsiens moes sê aan tannie Maureen Schoeman, wat op Woensdag 13 Januarie oorlede is. Ons innige simpatie aan die familie en vriende wat sy agterlaat.

Op Woensdag 20 Januarie is Huis Immergroen se personeel vereer vir hulle puik diens deur die Facebook groep “Mkhondo Top Service Providers / Top Diensverskaffers” en het ’n smullekker koek gewen. Baie geluk!

Die gemeenskap bedank graag die bestuur en personeel van Huis Immergroen vir die liefde en geduld wat hulle teenoor die bejaardes betoon. Dit word hoog op prys gestel.

The community would like to thank the management and staff of Huis Immergroen for the kindness and patience that they show towards the residents.  It is very much appreciated. Kindness goes a long way.

 

Immergroen-liefde